Waar my belangstelling voete gekry het was by die Groot
Trek. Ons Boere trek vandag nog steeds, maar gelukkig is die ossewaens beter.
Ek het toe navorsing begin doen, verskillende voertuie
gaan toetsbestuur en my keuse gemaak.
Die voertuig blink in sy glorie en ons as gesin gaan op ‘n
uitstappie. My dogter beman die kamera. Ma en seun beduie van buite, nie dat
een van die drie bang is vir die nuwe avonture nie.
By die eerste bult skuur die tupperware bumper teen die wal. Die sogenaamde bosbreker buig tot
teen die buffer. By die volgende wal in laebestek en agterste ewenaarslot aan, staan die wiele en draai sonder om vas te trap.
Goed. Meneer het sy vier by vier maar dis nie so lekker soos
wat dit geklink het nie. Daar moes ‘n paar dinge verander om dit diè
veldvoertuig te maak.
Grondvryhoogte. By ‘n diensverskaffer is die voorste
skokbrekers met 50mm gelig en agter twee ekstra bladvere gepas. Die kosmetiese
aluminium sytrappe is met stewige staal rotsglyers vervang. Tot hiertoe was die koste minimaal. So is ons weer
terug veld toe ‘n paar weke later.
Dit gaan heelwat beter maar die wiele trap steeds klei en
stof sonder om die nodige momentum te bied. Hulle draai maar byt nie vas nie. Die
rede is dat die vervaardiger motorbande pas wat ‘n lekker sagte rit op
teerpaaie verseker.
Ek het toe my bande vervang met BF Goodrich All Terrain K1. Duur maar
hulle hou vir 120 000 km plus as jy mooi kyk na hulle. Die nuwe bande het ook so ekstra paar mm meer tot die grondvryhoogte bygedra. Dit was opmerklik want almal het begin kla dis hoog om in te klim. Maar hulle het vinnig aangepas en klim nou met selfvertroue die bakkie in.
Hier kan julle die eindproduk sien.
Toe kon ons nou met selfvertroue die veld invaar en ernstige
hindernisse aanpak. Ek gesels volgende keer verder met jou oor invals en uitvalshoeke en herwinningstoerusting.
Groetnis tot volgende keer.
Boendoetrekker
Isak
Insiggewende artikel. Help met my volgende aankope.
ReplyDelete