Sunday 20 May 2018

AS DIE NATUUR ROEP



Na die renoster saga van vroeër, is aandete voorberei en die familie het gesmul, opgewas, gestort en bed toe gemik. Ramón na die reuse se besoek, was skrikkerig om in die tent te slaap, kry toe my slaapplek in die karavaan en ek gaan op sy plek in die laphuis lê. Middernag word ek wakker met die klank van tuindienste se bossieslaners net langs die tent. Tot my verbasing was ‘n trop renosters een meter van my af aan die wy, sommer teenaan die tent. Dit het soos “weed-eaters” geklink. Ek staan toe maar op en maak my “midnight” koffie! Oudergewoonte maak ek ook my dogter wakker en ons drink saam koffie. Kyk sterre en soek sateliete. Praat oor lewens-sake. Die natuur begin roep en ek probeer haar daaruit praat. Tien renosters tussen ons en die geriewe. Glad nie ‘n opsie nie. Maar as die nood druk dan moet dit gedoen word. Ek rig Mariska toe af om deurentyd te sorg dat daar ‘n dik boom tussen haar en die naaste renoster is. En daar gaan ons. Soontoe en terug. Veilig terug in die tent, maak ons nog ‘n koffietjie en die geselskap droog op en die sandjies krap weer in ons oë. Ons groet en gaan kruip maar weer in.
Die volgende oggend hoor ons by ‘n kamper buurman van twee mal mense met kopliggies aan wat tussen die trop renosters deur na die ablsusieblok toe is om en by middernag. Heeltemal waansinnig reken die man, hoort behandeling te kry meen hy!
Ons het want ons kan! En ons moes!

Boendoetrekker Groete
Isak de Lange

Saturday 5 May 2018

KARAVANE: VEILIGHEID OP DIE PAD

Foto geleen by Gesels Versekering Blog
Ek wil nou ‘n baie kontroversiële onderwerp bespreek. Daar is baie opinies oor die wettigheid en of veiligheid om ‘n tweede sleepsel agter jou karavaan of motorboot te sleep. Hier verduidelik ek my siening rondom die kwessie.

Massa
Kom ons begin by die massa van so ‘n eenheid (of moet ek dalk sê tweeheid) – dis nou jou voertuig, karavaan of boot, met ‘n ventertjie agteraan.


In my geval sal dit so lyk onder vol vrag:
ITEM
MODEL
GEWIG
LENGTE
Trok
Toyota 4x4
2500 kg
5.600 m
Karavaan
Jurgens Exclusive
1800 kg
7.500 m
Sleepwa
Campmaster
  600 kg
2.500 m
Totaal

4900 kg
15.60 m

Krag
Almal van ons seuns wil altyd spog oor hoe sterk ons spiere is, nie waar nie. Dit moet altyd groter en blinker wees as die volgende maat sin. Nou as ons mooi na die tabel hierbo kyk is ‘n paar dinge wat uitstaan. Besef ons altyd tot watter uiterste ons die voertuig druk om so lading te trek. Dis byna vyf ton.

Remvermoë
Hoe stop ek so ‘n massa sonder om my remme op risiko te plaas?

Lengte
Ons moet in ag neem dat jy baie reserwe krag en spasie nodig het om so lang eenheid by “18 wheelers” en ander karavane verby te kry.
Netso maak ons dit vir die ander motoris uiters moeilik om ons verby te steek.
Geduld
Wanneer ons agter die stuurwiel inskuif eet die “airtime” (tyd op die pad) ons geduld soos data op binne die eerste paar kilometer en die Kaap lê nog vêr.
Energie
Ons raak fisies moeg en uitgeput en almal van ons is geneig om deur te druk tot by die bestemming. Ons is geneig om nie genoegsame breuke te neem nie.

Padverskeerswet
Tegnies gesproke behoort alle karavane by die verkeersbeheersentra afgetrek te word en geweeg word, en ek sal waag om te sê dat bitter min van ons daar sal uitry sonder boete en aflaai instruksies. Ek sal nie eers waag om vrywillig daar in te ry nie. En ek wil voorspel dat hulle ons in die nabye toekoms gaan begin aftrek. En het ons die korrekte rybewys om so swaar vrag (Kode14) te hanteer – ek glo nie.

Onlangse Insident
Ek het op ‘n Facebook blad laasnaweek gelees van ‘n ongeluk tussen ‘n bakkie met ‘n karavaan en nog ‘n sleepwaentjie en ‘n ander bakkie, wat groot skade tot gevolg gehad het.
Ons het almal een of ander tyd met ‘n tuinslang gespeel en golwe gemaak, so op en af. Jy kan dit ook doen deur die tuinslang heen en weer te swaai. Soos ‘n slang laat seil.

Nou kom ons speel “air crash investigation”.
As jy met so lang eenheid (x3 voertuie) ry en daar is ‘n slaggat – jy swaai na links; jou bakkie se agtekant se momentum gooi hom na regs. Die karavaan volg die bakkie na regs en sy stert se momentum val uit na links. Die sleepwa volg die karavaan na links en sy gatjie wip uit na regs, reg in die pad van die motoris wat op daardie oomblik hierdie trein probeer verby steek.
Die sleepwa sweepslag teen die bakkie vas, vandaar die verf aan die regterkant van die sleepwa. Die bakkie van 2500 kg “voel” nie die “shot” nie vanweë die massa verskil tussen die twee en is dus onbewus van die botsing!
Die vraag ontstaan nou wie het die ongeluk veroorsaak? Die man met die trein of die man met die rooi bakkie?

Manne dis tyd dat ons besin oor wat ons doen wanneer ons op die pad gaan met ons families want as ons so aanploeter, plaas ons ons geliefdes op risiko.

Boendoegroete
Isak




Friday 27 April 2018

Storietyd met Isak: Die Renoster het Gepoep

Een paasnaweek het ons gesin by Marakele Nasionale Park gaan kamp. Ons het so teen vieruur die middag daar aangekom en kamp opgeslaan. Toe ‘n kort draaitjie gaan ry voordat ons aan kosmaak gekom het. Ek hou nogal daarvan om eers teen sononder vuur aan te pak. Ek dink net dis meer gesellig as dit donker is as mens om die vuur kuier.
So gesê so gedaan. Ons sit toe om die vuur met die rooi wyntjies en gesels. Vrou en seun en ek sit en my dogter staan oorkant my. Ons is so entjie  van die karavaan af toe ons ‘n onaardige knol hoor en Mariska vra: “Pa, wat was dit?” Grapjas wat ek is, seg ek toe: “Aag seker net ‘n renoster wat gepoep het!” soos blits staan sy binne in die woonwa se deur.
Ma en Ramòn staan toe ook maar op en beweeg versigtig na die karavaan se kant. Ek tel toe maar die kollig op en skyn die lig so oor my linker skouer in die rigting vanwaar daar teen daardie tyd ook so effense reukie in ons rigting gewaai het, en so wraggies, daar so 20 meter van my af staan ‘n renoster en haar kleintjie en gras vreet met hulle boude na ons toe. Die renoster het gepoep.
Ek gaan toe na die ander kampeerders en roep hulle om te kom kyk en fotos neem.
Gelukkig is die renosters om die kampplek sommer baie rustig en gewoond aan mense. Feit is dat die mite dat renosters vuur dood trap net ‘n mite is.

Tot wederom.
BOENDOETREKKER
Aka Isak de Lange

Monday 16 April 2018

Paklysies: 'n Moet vir die beplanning van 'n kamp

Ons gaan volgende naweek bietjie wegbreek en saam met sielsgenote kamp by Klipdraai, Meyerton. Dis op die oewer van die Kliprivier. Met ons vorige kamp het ons hier en daar ‘n dingetjie of twee vergeet. So ek onthou nou van my paklys.
Ek dink jare terug toe ek nog op laerskool was en my suster Elize begin werk het en hier rondom payday my altyd kafee toe gestuur het met ‘n lysie. Daar was koeldrank, sjokolades en wine gums, mentholyptis, en grondboontjies en peanut brittle. Dit was by ‘n Indier winkeltjie wat ook groente verkoop het.
Nouja, dis verstaanbaar dat ek op 10 jaar nooit alles sou kon onthou nie en dus die lysie. En so met die groter word het ek met my Ma of Pa se lysies afgesit apteek, Sjinese en Grieke toe. Nog later dorp toe om rekeninge en dies meer te gaan betaal.
Nou terug by kamp – ons almal vergeet mos goed tuis. Ek het al pad gevat Warmbad toe sonder die kinders se slaapgoed. Ander male sonder seep, tandepaste, waslappe en en en!!!
So elkeen van ons kan gerus ‘n lysie gebruik om niks aan die noodlot oor te laat nie. 

Organiseer die lysie volgens jou eie behoefte en groeperings, bv:
·         Tente
·         Beddens
·         Beddegoed
·         Klere
·         Vuurmaakgoed
·         Tafels en stoele
·         Sambrele
·         Gas en stofie
·         Ligte
·         Kos en speserye
·         Drinkgoed
·         Eetgerei
·         Noodhulp
·         Pille en brille

So ‘n lysie kan net goed doen en groot verleentheid of teleurstelling spaar.
Lekker pak en lekker kamp vriende.

Boendoetrekker groete
Isak



Meraai se Chicken Pie in 'n blik

Ek het hierdie resep op Pinterest raakgeloop en gaan dit beslis probeer met ons volgende kamp.
Aangesien ek nou nie ''n oond naby sal he nie gaan ek die Weber nader trek vir die een.

Meraai se Chicken Pie (Paai)
serves 8-10 people
Ingredients
2 kg chicken fillets – skin and boneless
250 ml chicken stock
250 ml cup white wine
30 ml chopped garlic
5 ml salt
5 ml pepper
200 g ham – I used Bergdale Gypsy Ham ( light smokey taste – bacon too overpowering)
2 medium onions – finely chopped
250 g button mushrooms – quartered
250 ml chopped parsley
Sauce
250 g butter ( yes, this is correct!)
250 ml flour
500 ml chicken stock (the stock you kept from cooking the chicken)
250 ml sour cream
500 ml milk
400 puff pastry
1 egg, beaten for egg wash
  1. Preheat oven to 200 C.
  2. Heat the chicken stock, wine, garlic, salt and pepper in a pot and add the chicken breasts to the stock. Poach for about 20 minutes or until the chicken is cooked.
  3. Remove chicken from the pot, pour the stock in a jug, but keep it for the sauce.
  4. Cut chicken into smaller pieces and mix with ham, onions, mushrooms and parsley take note that the mushrooms, onions and parsley must be raw)in a mixing bowl.
  5. In the same pot that you have used for the chicken,  melt the butter over medium heat and add all the flour and stir for 1 minute. Add the chicken stock, the milk and the sour cream and stir until you have a rich creamy sauce. Add the chicken and other ingredients to the sauce and mix through. Transfer mixture to a big pie dish and cool slightly. Roll out the pastry and cut a “lid” big enough to cover the pie. Place on the pie, make a little steam hole in the middle of the pie and brush with egg wash.
  6. Bake for 20-25 minutes or until the pie is golden brown.
  7. Serve with steamed broccoli, some boiled potatoes or s simple green salad.

Saturday 7 April 2018

Hoe kom jy daar? FORTUNER VERSUS HILUX


Sonder om die twee teenoor mekaar af te speel gaan ek bietjie met julle praat oor die verskil tussen sulke soort voertuie.


Die Fortuner val in die kategorie van nuts voertuig (SUV) soos Land Rover, Jeep, Mercedes ML, ens. Terwyl die Hilux onder die stal perde van enige dubbelkajuit bakkie soos Isuzu, Ford Ranger, Mazda, ens., sal resorteer.
Kom ons kyk na die samestelling van SUV’s. ‘n SUV is meer ‘n gesinsmotor met beperkte laai ruimte. Oor die algemeen bied hierdie voertuie sitplek vir vyf of sewe mense. Sommige kan sitplekke verwyder of weg vou wanneer dit nie nodig is nie. Sodoende kan die laai ruimte vergroot of verklein word soos benodig. Addisionele pakplek kan deur middel van ‘n dakrak toegevoeg word. Hierdie tipe voertuie is ook eerder “short wheel base” voertuie met onafhanklike veringstelsels – skokbrekers regrondom en bied ‘n gerieflike rit op beide teer en grond paaie. Hulle is ook beskikbaar in permanente vierwiel aandrywing, vier by vier, of selfs twee wiel aandrywing en daarom is die prysklas redelik wyd. Dit bied die voornemende koper ‘n wye keuse.


Die dubbelkajuit bakkies is wat dit sê, ‘n bakkie. Maksimum vyfsitplekvoertuie wat net soveel gerief bied as die SUV’s. Die verskil lê duidelik in die laaivermoë van die bakkies. Met ‘n kappie agter op kan daar heelwat kamp en hengeltoerusting opgelaai word. Selfs goetsers wat vuil, nat of vol modder is. Die bakkies is “long wheel base” en vir die laaivermoë is daar bladvere agter en skokbrekers voor vir kompensering vir ‘n gemakliker rit. Bakkies kan ook met dakrakke vir beide die kajuit en die kappie toegerus word. Bakkies is meer beperk en het ‘n nouer keuse en prysklas omdat almal meer “eenders” in ontwerp en aanwending is. Daar is ook ‘n tweewiel of vier by vier variante op die mark.
My aanbeveling dus is voor dat jy so ‘n tipe voertuig aanskaf maak seker waarvoor jy dit wil gebruik. Dit  sal bepaal waar jou voorkeur sal lê. As gevolg van die “sporty”geaardheid van SUV’s is hulle  nie so stabiele slepers  soos die bakkies nie en dus is die bakkies vanweë sy lengte ‘n beter sleepvoertuig.

In kort - daar is, soos die Engelse sê: “horses for courses”!

Boendoegroete
Isak



Tuesday 3 April 2018

WAT GAAN ONDER AAN?



Netsoos in krieket is daar “crown jewels” wat beskerm en baie goed versorg moet word. Dit is die voertuig se “sump”, “transfer case” en agterste ewenaar. Vir die oliebak en oordragratkas is daar die opsionele “bash plate” wat redelike beskerming bied ook vir die onderkant van die enjin.
Jy moet in ag neem dat jou voertuig tussen 2250 en 2750 weeg en dat dit ‘n stewige momentum het as dit bo-oor ‘n rots spring of deur ‘n donga ploeg. Jy sal nie vêr vorder nadat jy een of meer van jou kritiese komponente verloor het nie.
Ek was eens deur die Baviaanskloof op ‘n Vrydag en hulle het gesê dat die vorige voertuig die Dinsdag daar deur is. Gooi gebrek aan selfoonsein in die pot en jy sal besef dat jy nogal gestrand kan wees in so ‘n geval. Dan kan die Rigtersveld en die Kus van die dood ‘n saak van lewe en dood beteken.
‘n Baie belangrike benadering sal dus wees om nooit alleen in die veld in te ry nie. Gaan liewer ten minste twee voertuie op ‘n avontuur en ry altyd so dat jou wiele op die hoogste oppervlak is dan sal die onderstel nie kan stukkend stamp nie. 


Baie belangrik ook om nie die volgende konsultante saam te nooi of te raadpleeg nie, naamlik: Johnny Walker, Jameson, Captain Morgan, Richelieu of hulle ander vriende nie.
Volgende keer praat ons oor herwinnings toerusting.

Tot wederom
Boendoetrekker groete
Isak


AS DIE NATUUR ROEP

Na die renoster saga van vroeër, is aandete voorberei en die familie het gesmul, opgewas, gestort en bed toe gemik. Ramón na die reuse...