Thursday, 29 March 2018

My eerste kamp-ondervinding. 'n Vrou se perspektief.


Isak het gevra dat ek iets moet skryf oor kampering vanuit ‘n vrou se oogpunt.

In die eerste plek is ek glad nie ‘n kenner op die gebied van kampering nie. Persoonlik hou ek van my gerief wanneer ek op vakansie is maar toe Isak my vra of ek saam met hom sal gaan kamp het ek sonder om te dink toegestem. Gee maar my nuuskierige natuur die skuld vir die impulsiewe antwoord. Agterna het ek nogal gewonder hoe ek dit sal hanteer. Toe ek dit aan my kinders noem het hulle uitgebars van die lag - seker gedink hul ma het haar kop verloor. Immers ken hulle my nukke en grille baie goed.  En kamp was defnitief nie een van my voorkeure nie. Gelukkig is ek ‘n aanpasbare mens en toe ons op ons eerste kamp ondervinding saam weg gaan was ek opgewonde oor die nuwe avontuur.

Daar aangekom was ek aangenaam verras oor Isak se kampgeriewe. Alles was daar, van ‘n tweeplaat stofie tot waaier – op ons ouderdom kan ons mos nêrens gaan sonder die vernuftige toestel nie. Breekgoed, spesiale rakkies vir die skottelgoed, opvoubare handdoekreling, tafel en stoele met die oulikste tafelmatjies. Met genoeg pakplek vir ons naweeklange proviand. Selfs die bed was gerieflik, behalwe vir die feit dat ons bly rol het na die binnekant toe… Ek wonder of dit nie met opset so gedoen was nie… LOL

Selfs nog voor ons gearriveer het was die inpakslag alreeds ‘n kykie van hoe die naweek sou wees. Elke item het ‘n krat gehad en alles was netjies verpak. Blikke is volgemaak, wynrak gevul, messestel in hul eie verpakking – net niks het ontbreek nie.  Instruksies was natuurlik gegee van hoe en waar ek moet pak en ek het maar ingeval by die kamp-kommandant se bevele.
Als was op hul plek, selfs die kleur skema was presies soos wat ek daarvan hou. (As daar een ding is wat ek haat is dit om honderde pakkies rond te dra tussen kar en blyplek.) Die kratte het als bevat en was netjies in die bakkie gelaai sodat selfs die uitpak en die inpak Sondagmiddag seepglad gegaan het. So sonder enige probleme of dat jy moeg gedra is.

Die te kort aan spasie is natuurlik iets waaraan jy moet gewoond raak veral in die kamer. 
Daar was nie ‘n kas waarin jy jou goedjies kon uitpak nie so uit-die-sak-leef was die inding maar dit was nie ‘n probleem nie juis omdat die res van die dinge reg was. Die enigste verskil was die baksteen mure was vervang met tentflappe.
Die lampe en kerse die ideale atmosfeer-skepping vir ‘n tydjie weg van die gewoel.

Ons het ‘n aangename tyd gehad daar langs die Vaalrivier. Voor ons weg is het ek nog in alle wysheid gesê dat die naweek die maak of breek van ons nuutgevonde verhouding sou wees en dit was ‘n geslaagde toets vir ons eerste uitstappie. Danksy Isak se vernuftige manier van kamp met als op hul plekke het dit toe beter uitgedraai as wat ek gedink het dit sou wees. En met die volgende kamp was daar geen twyfel nie en beplan ons alweer vir die volgende uitstappie.


Vanuit 'n vrou se siening hang dit seker als af van die uitleg, beplanning en uitvoering van die ervaring. Ek het al riller stories gehoor maar noudat ek dit self ondervind het kan ek dit met 'n geruste hart aanbeveel. Ek het natuurlik nog heelwat om te leer maar ek glo met Isak se leiding sal ek dit ook onder die knie kry. 

Op die ou einde kon ons die natuur, die rustigheid en die Bos-TV geniet onder ‘n skoon hemelruim. Nou watter vrou hou nie daarvan nie... (pak maar net Peaceful sleep in en gemaklike skoene. Hakkies is gewis uit!)

Boendoe groete
Lynelle


Sunday, 25 March 2018

BOSBREKERS EN BUFFERS



Voorkant
Kom ek praat bietjie met jou oor bosbrekers en buffers. Wanneer jy met jou blink vier by vier van die handelaar af wegry lyk jou voertuig soos ‘n gesinsmotor van voor. Om jou invalshoek (as jy in ‘n rivier, sloot of donga inry en ook as jy teen ‘n steil wal wil opklim) te verbeter is dit aanbevole om een van die bosbreker buffers te laat pas. Dit “lig” die voorkant van jou voertuig en daar is ook monteerpunte vir nagligte; ‘n wenas; en lugdrade vir ‘n tweerigting radio. En as jy wil fotos neem kan jy ook sommer ‘n Hero aksie kamera daar monteer om fotos of videos van jou avontuur vas te lê.


Agterkant
Daar is min van ons wat veldvoertuie of selfs gewone bakkies ry wat nog nie deurgeloop het onder spaarwiel diewe nie. Wel ek het drie maal my spaarwiel op daai manier verloor.
My oplossing was ‘n bos buffer agter met monterings vir spaarwiele. Hier is die spaarwiel oop en bloot. Jy kan hom hier met ‘anti-theft” wielmoere en ‘n behoorlike slot beveilig. Sou iemand hier peuter moet hy noodgedwonge regop staan en kan duidelik bespeur word.
‘n Spaarwiel wat onder jou voertuig is as jy in sand of modder vasgeval het en die spaarwiel nodig het sal jou baie frustreer. So 'n agter buffer is dus baie funksioneel. Jy kan ook daar brandstof of waterkanne pas en dit is maklik bereikbaar.

Herwinning
Beide die bognoemde buffers bied addisionele en funksionele hegplekke in geval jou voertuig herwin moet word of indien jy jou mede veldry entoesias te hulp wil snel as hy in die moeilikheid is.

Boendoetrekker Groete
Isak




Monday, 19 March 2018

Resep: Bobotie in 'n potjie vir enige kampvuur


Ek het onlangs hierdie gunsteling resep raak geloop en deel dit graag met al die kampers. 

Bobotie is 'n Suid Afrikaanse gunsteling wat in 'n potjie pot gemaak kan word.
Ingredients (Serves 6):
1 tot oil
3 onions (finely chopped)
3 cloves garlic (finely chopped)
2 tots medium strength curry powder
1/2 tablespoon ground turmeric
1 kg beef mince, ostrich mince or venison mince
1/2 tablespoon salt
1 tsp black pepper
1 cup apricot jam
1/2 cup raisins
1/2 cup almond flakes
1 tot vinegar (or lemon juice)
5 bay leaves
3 eggs
1 cup milk
rice (to serve)
chutney (to serve)
Method:
Heat the oil in a flat-bottomed potjie over a medium-hot fire and fry the onions and garlic until the onions are soft but not brown.
Add the curry powder and turmeric, then fry for a minute – the bottom of the potjie will look quite dry, but don’t let the mixture burn.
Chuck in the mince and fry for about 10 minutes, stirring it to break up any lumps with a wooden spoon. The mince should change colour from red to light brown, but shouldn’t turn dark yet. The meat should release some juices – use these juices and your wooden spoon to loosen any sticky bits on the bottom of the potjie.
Add the salt and pepper, apricot jam, raisins, almond flakes and vinegar/lemon juice. Stir well, bring to a slow simmer and put on the lid. Simmer for about 15 minutes, stirring once in a while to make sure the mixture doesn’t burn.
Now remove the lid and flatten the mixture with the back of your spoon so that it’s even across the bottom of the potjie. Whisk the eggs and milk together in a small mixing bowl, then pour over the bobotie. Stick the bay leaves into the egg mixture. Cover with the lid and put a layer of hot coals on top of the lid. At this stage you only want coals on the lid, not underneath the potjie. Cook for 30 minutes and the bobotie should be ready.
Serve with rice and chutney on the side.



Saturday, 17 March 2018

Keuse van voertuig is belangrik.



Waar my belangstelling voete gekry het was by die Groot Trek. Ons Boere trek vandag nog steeds, maar gelukkig is die ossewaens beter.
Ek het toe navorsing begin doen, verskillende voertuie gaan toetsbestuur en my keuse gemaak.

Die voertuig blink in sy glorie en ons as gesin gaan op ‘n uitstappie. My dogter beman die kamera. Ma en seun beduie van buite, nie dat een van die drie bang is vir die nuwe avonture nie.

By die eerste bult skuur die tupperware bumper teen die wal. Die sogenaamde bosbreker buig tot teen die buffer. By die volgende wal in laebestek en agterste ewenaarslot aan, staan die wiele en draai sonder om vas te trap.
Goed. Meneer het sy vier by vier maar dis nie so lekker soos wat dit geklink het nie. Daar moes ‘n paar dinge verander om dit diè veldvoertuig te maak.


Grondvryhoogte. By ‘n diensverskaffer is die voorste skokbrekers met 50mm gelig en agter twee ekstra bladvere gepas. Die kosmetiese aluminium sytrappe is met stewige staal rotsglyers vervang.  Tot hiertoe was die koste minimaal. So is ons weer terug veld toe ‘n paar weke later.

Dit gaan heelwat beter maar die wiele trap steeds klei en stof sonder om die nodige momentum te bied. Hulle draai maar byt nie vas nie. Die rede is dat die vervaardiger motorbande pas wat ‘n lekker sagte rit op teerpaaie verseker.
Ek het toe my bande vervang met BF Goodrich All Terrain K1. Duur maar hulle hou vir 120 000 km plus as jy mooi kyk na hulle. Die nuwe bande het ook so ekstra paar mm meer tot die grondvryhoogte bygedra. Dit was opmerklik want almal het begin kla dis hoog om in te klim. Maar hulle het vinnig aangepas en klim nou met selfvertroue die bakkie in. 

Hier kan julle die eindproduk sien.



Toe kon ons nou met selfvertroue die veld invaar en ernstige hindernisse aanpak. Ek gesels volgende keer verder met jou oor invals en uitvalshoeke en herwinningstoerusting.

Groetnis tot volgende keer.
Boendoetrekker
Isak

Tuesday, 13 March 2018

Einde van die Dag!




Uitgespan.
Nou gaan ons braai!
Cheers!

Boendoetrekker afskop



As klein seuntjie het ek myself telkemale op die pad bevind, meestal saam met familie op pad na een of ander visvang plek in Suid Afrika. Dit het die liefde vir die oop pad en die natuur by my aangewakker. Kamp was 'n integrale deel van my lewe en vandag kan ek nie vinnig genoeg op die pad kom om die land te ontdek, nuwe plekke te beleef en  die rus van die veld my eie te maak nie.
Die natuur is deel van my, deel van my wese en ek kan myself vind. 
Hierdie blog is om my eie lewens ervarings en kennis te deel van kamp en 4 x 4 voertuie. 
Ek is Isak, die Boendoetrekker. 
Ek nooi julle uit om saam met my op hierdie ontdekkingstog te gaan en weer die besonderse landskap van Suid Afrika en sy mense te ontdek.


AS DIE NATUUR ROEP

Na die renoster saga van vroeër, is aandete voorberei en die familie het gesmul, opgewas, gestort en bed toe gemik. Ramón na die reuse...