Friday, 27 April 2018

Storietyd met Isak: Die Renoster het Gepoep

Een paasnaweek het ons gesin by Marakele Nasionale Park gaan kamp. Ons het so teen vieruur die middag daar aangekom en kamp opgeslaan. Toe ‘n kort draaitjie gaan ry voordat ons aan kosmaak gekom het. Ek hou nogal daarvan om eers teen sononder vuur aan te pak. Ek dink net dis meer gesellig as dit donker is as mens om die vuur kuier.
So gesê so gedaan. Ons sit toe om die vuur met die rooi wyntjies en gesels. Vrou en seun en ek sit en my dogter staan oorkant my. Ons is so entjie  van die karavaan af toe ons ‘n onaardige knol hoor en Mariska vra: “Pa, wat was dit?” Grapjas wat ek is, seg ek toe: “Aag seker net ‘n renoster wat gepoep het!” soos blits staan sy binne in die woonwa se deur.
Ma en Ramòn staan toe ook maar op en beweeg versigtig na die karavaan se kant. Ek tel toe maar die kollig op en skyn die lig so oor my linker skouer in die rigting vanwaar daar teen daardie tyd ook so effense reukie in ons rigting gewaai het, en so wraggies, daar so 20 meter van my af staan ‘n renoster en haar kleintjie en gras vreet met hulle boude na ons toe. Die renoster het gepoep.
Ek gaan toe na die ander kampeerders en roep hulle om te kom kyk en fotos neem.
Gelukkig is die renosters om die kampplek sommer baie rustig en gewoond aan mense. Feit is dat die mite dat renosters vuur dood trap net ‘n mite is.

Tot wederom.
BOENDOETREKKER
Aka Isak de Lange

Monday, 16 April 2018

Paklysies: 'n Moet vir die beplanning van 'n kamp

Ons gaan volgende naweek bietjie wegbreek en saam met sielsgenote kamp by Klipdraai, Meyerton. Dis op die oewer van die Kliprivier. Met ons vorige kamp het ons hier en daar ‘n dingetjie of twee vergeet. So ek onthou nou van my paklys.
Ek dink jare terug toe ek nog op laerskool was en my suster Elize begin werk het en hier rondom payday my altyd kafee toe gestuur het met ‘n lysie. Daar was koeldrank, sjokolades en wine gums, mentholyptis, en grondboontjies en peanut brittle. Dit was by ‘n Indier winkeltjie wat ook groente verkoop het.
Nouja, dis verstaanbaar dat ek op 10 jaar nooit alles sou kon onthou nie en dus die lysie. En so met die groter word het ek met my Ma of Pa se lysies afgesit apteek, Sjinese en Grieke toe. Nog later dorp toe om rekeninge en dies meer te gaan betaal.
Nou terug by kamp – ons almal vergeet mos goed tuis. Ek het al pad gevat Warmbad toe sonder die kinders se slaapgoed. Ander male sonder seep, tandepaste, waslappe en en en!!!
So elkeen van ons kan gerus ‘n lysie gebruik om niks aan die noodlot oor te laat nie. 

Organiseer die lysie volgens jou eie behoefte en groeperings, bv:
·         Tente
·         Beddens
·         Beddegoed
·         Klere
·         Vuurmaakgoed
·         Tafels en stoele
·         Sambrele
·         Gas en stofie
·         Ligte
·         Kos en speserye
·         Drinkgoed
·         Eetgerei
·         Noodhulp
·         Pille en brille

So ‘n lysie kan net goed doen en groot verleentheid of teleurstelling spaar.
Lekker pak en lekker kamp vriende.

Boendoetrekker groete
Isak



Meraai se Chicken Pie in 'n blik

Ek het hierdie resep op Pinterest raakgeloop en gaan dit beslis probeer met ons volgende kamp.
Aangesien ek nou nie ''n oond naby sal he nie gaan ek die Weber nader trek vir die een.

Meraai se Chicken Pie (Paai)
serves 8-10 people
Ingredients
2 kg chicken fillets – skin and boneless
250 ml chicken stock
250 ml cup white wine
30 ml chopped garlic
5 ml salt
5 ml pepper
200 g ham – I used Bergdale Gypsy Ham ( light smokey taste – bacon too overpowering)
2 medium onions – finely chopped
250 g button mushrooms – quartered
250 ml chopped parsley
Sauce
250 g butter ( yes, this is correct!)
250 ml flour
500 ml chicken stock (the stock you kept from cooking the chicken)
250 ml sour cream
500 ml milk
400 puff pastry
1 egg, beaten for egg wash
  1. Preheat oven to 200 C.
  2. Heat the chicken stock, wine, garlic, salt and pepper in a pot and add the chicken breasts to the stock. Poach for about 20 minutes or until the chicken is cooked.
  3. Remove chicken from the pot, pour the stock in a jug, but keep it for the sauce.
  4. Cut chicken into smaller pieces and mix with ham, onions, mushrooms and parsley take note that the mushrooms, onions and parsley must be raw)in a mixing bowl.
  5. In the same pot that you have used for the chicken,  melt the butter over medium heat and add all the flour and stir for 1 minute. Add the chicken stock, the milk and the sour cream and stir until you have a rich creamy sauce. Add the chicken and other ingredients to the sauce and mix through. Transfer mixture to a big pie dish and cool slightly. Roll out the pastry and cut a “lid” big enough to cover the pie. Place on the pie, make a little steam hole in the middle of the pie and brush with egg wash.
  6. Bake for 20-25 minutes or until the pie is golden brown.
  7. Serve with steamed broccoli, some boiled potatoes or s simple green salad.

Saturday, 7 April 2018

Hoe kom jy daar? FORTUNER VERSUS HILUX


Sonder om die twee teenoor mekaar af te speel gaan ek bietjie met julle praat oor die verskil tussen sulke soort voertuie.


Die Fortuner val in die kategorie van nuts voertuig (SUV) soos Land Rover, Jeep, Mercedes ML, ens. Terwyl die Hilux onder die stal perde van enige dubbelkajuit bakkie soos Isuzu, Ford Ranger, Mazda, ens., sal resorteer.
Kom ons kyk na die samestelling van SUV’s. ‘n SUV is meer ‘n gesinsmotor met beperkte laai ruimte. Oor die algemeen bied hierdie voertuie sitplek vir vyf of sewe mense. Sommige kan sitplekke verwyder of weg vou wanneer dit nie nodig is nie. Sodoende kan die laai ruimte vergroot of verklein word soos benodig. Addisionele pakplek kan deur middel van ‘n dakrak toegevoeg word. Hierdie tipe voertuie is ook eerder “short wheel base” voertuie met onafhanklike veringstelsels – skokbrekers regrondom en bied ‘n gerieflike rit op beide teer en grond paaie. Hulle is ook beskikbaar in permanente vierwiel aandrywing, vier by vier, of selfs twee wiel aandrywing en daarom is die prysklas redelik wyd. Dit bied die voornemende koper ‘n wye keuse.


Die dubbelkajuit bakkies is wat dit sê, ‘n bakkie. Maksimum vyfsitplekvoertuie wat net soveel gerief bied as die SUV’s. Die verskil lê duidelik in die laaivermoë van die bakkies. Met ‘n kappie agter op kan daar heelwat kamp en hengeltoerusting opgelaai word. Selfs goetsers wat vuil, nat of vol modder is. Die bakkies is “long wheel base” en vir die laaivermoë is daar bladvere agter en skokbrekers voor vir kompensering vir ‘n gemakliker rit. Bakkies kan ook met dakrakke vir beide die kajuit en die kappie toegerus word. Bakkies is meer beperk en het ‘n nouer keuse en prysklas omdat almal meer “eenders” in ontwerp en aanwending is. Daar is ook ‘n tweewiel of vier by vier variante op die mark.
My aanbeveling dus is voor dat jy so ‘n tipe voertuig aanskaf maak seker waarvoor jy dit wil gebruik. Dit  sal bepaal waar jou voorkeur sal lê. As gevolg van die “sporty”geaardheid van SUV’s is hulle  nie so stabiele slepers  soos die bakkies nie en dus is die bakkies vanweë sy lengte ‘n beter sleepvoertuig.

In kort - daar is, soos die Engelse sê: “horses for courses”!

Boendoegroete
Isak



Tuesday, 3 April 2018

WAT GAAN ONDER AAN?



Netsoos in krieket is daar “crown jewels” wat beskerm en baie goed versorg moet word. Dit is die voertuig se “sump”, “transfer case” en agterste ewenaar. Vir die oliebak en oordragratkas is daar die opsionele “bash plate” wat redelike beskerming bied ook vir die onderkant van die enjin.
Jy moet in ag neem dat jou voertuig tussen 2250 en 2750 weeg en dat dit ‘n stewige momentum het as dit bo-oor ‘n rots spring of deur ‘n donga ploeg. Jy sal nie vêr vorder nadat jy een of meer van jou kritiese komponente verloor het nie.
Ek was eens deur die Baviaanskloof op ‘n Vrydag en hulle het gesê dat die vorige voertuig die Dinsdag daar deur is. Gooi gebrek aan selfoonsein in die pot en jy sal besef dat jy nogal gestrand kan wees in so ‘n geval. Dan kan die Rigtersveld en die Kus van die dood ‘n saak van lewe en dood beteken.
‘n Baie belangrike benadering sal dus wees om nooit alleen in die veld in te ry nie. Gaan liewer ten minste twee voertuie op ‘n avontuur en ry altyd so dat jou wiele op die hoogste oppervlak is dan sal die onderstel nie kan stukkend stamp nie. 


Baie belangrik ook om nie die volgende konsultante saam te nooi of te raadpleeg nie, naamlik: Johnny Walker, Jameson, Captain Morgan, Richelieu of hulle ander vriende nie.
Volgende keer praat ons oor herwinnings toerusting.

Tot wederom
Boendoetrekker groete
Isak


Thursday, 29 March 2018

My eerste kamp-ondervinding. 'n Vrou se perspektief.


Isak het gevra dat ek iets moet skryf oor kampering vanuit ‘n vrou se oogpunt.

In die eerste plek is ek glad nie ‘n kenner op die gebied van kampering nie. Persoonlik hou ek van my gerief wanneer ek op vakansie is maar toe Isak my vra of ek saam met hom sal gaan kamp het ek sonder om te dink toegestem. Gee maar my nuuskierige natuur die skuld vir die impulsiewe antwoord. Agterna het ek nogal gewonder hoe ek dit sal hanteer. Toe ek dit aan my kinders noem het hulle uitgebars van die lag - seker gedink hul ma het haar kop verloor. Immers ken hulle my nukke en grille baie goed.  En kamp was defnitief nie een van my voorkeure nie. Gelukkig is ek ‘n aanpasbare mens en toe ons op ons eerste kamp ondervinding saam weg gaan was ek opgewonde oor die nuwe avontuur.

Daar aangekom was ek aangenaam verras oor Isak se kampgeriewe. Alles was daar, van ‘n tweeplaat stofie tot waaier – op ons ouderdom kan ons mos nêrens gaan sonder die vernuftige toestel nie. Breekgoed, spesiale rakkies vir die skottelgoed, opvoubare handdoekreling, tafel en stoele met die oulikste tafelmatjies. Met genoeg pakplek vir ons naweeklange proviand. Selfs die bed was gerieflik, behalwe vir die feit dat ons bly rol het na die binnekant toe… Ek wonder of dit nie met opset so gedoen was nie… LOL

Selfs nog voor ons gearriveer het was die inpakslag alreeds ‘n kykie van hoe die naweek sou wees. Elke item het ‘n krat gehad en alles was netjies verpak. Blikke is volgemaak, wynrak gevul, messestel in hul eie verpakking – net niks het ontbreek nie.  Instruksies was natuurlik gegee van hoe en waar ek moet pak en ek het maar ingeval by die kamp-kommandant se bevele.
Als was op hul plek, selfs die kleur skema was presies soos wat ek daarvan hou. (As daar een ding is wat ek haat is dit om honderde pakkies rond te dra tussen kar en blyplek.) Die kratte het als bevat en was netjies in die bakkie gelaai sodat selfs die uitpak en die inpak Sondagmiddag seepglad gegaan het. So sonder enige probleme of dat jy moeg gedra is.

Die te kort aan spasie is natuurlik iets waaraan jy moet gewoond raak veral in die kamer. 
Daar was nie ‘n kas waarin jy jou goedjies kon uitpak nie so uit-die-sak-leef was die inding maar dit was nie ‘n probleem nie juis omdat die res van die dinge reg was. Die enigste verskil was die baksteen mure was vervang met tentflappe.
Die lampe en kerse die ideale atmosfeer-skepping vir ‘n tydjie weg van die gewoel.

Ons het ‘n aangename tyd gehad daar langs die Vaalrivier. Voor ons weg is het ek nog in alle wysheid gesê dat die naweek die maak of breek van ons nuutgevonde verhouding sou wees en dit was ‘n geslaagde toets vir ons eerste uitstappie. Danksy Isak se vernuftige manier van kamp met als op hul plekke het dit toe beter uitgedraai as wat ek gedink het dit sou wees. En met die volgende kamp was daar geen twyfel nie en beplan ons alweer vir die volgende uitstappie.


Vanuit 'n vrou se siening hang dit seker als af van die uitleg, beplanning en uitvoering van die ervaring. Ek het al riller stories gehoor maar noudat ek dit self ondervind het kan ek dit met 'n geruste hart aanbeveel. Ek het natuurlik nog heelwat om te leer maar ek glo met Isak se leiding sal ek dit ook onder die knie kry. 

Op die ou einde kon ons die natuur, die rustigheid en die Bos-TV geniet onder ‘n skoon hemelruim. Nou watter vrou hou nie daarvan nie... (pak maar net Peaceful sleep in en gemaklike skoene. Hakkies is gewis uit!)

Boendoe groete
Lynelle


Sunday, 25 March 2018

BOSBREKERS EN BUFFERS



Voorkant
Kom ek praat bietjie met jou oor bosbrekers en buffers. Wanneer jy met jou blink vier by vier van die handelaar af wegry lyk jou voertuig soos ‘n gesinsmotor van voor. Om jou invalshoek (as jy in ‘n rivier, sloot of donga inry en ook as jy teen ‘n steil wal wil opklim) te verbeter is dit aanbevole om een van die bosbreker buffers te laat pas. Dit “lig” die voorkant van jou voertuig en daar is ook monteerpunte vir nagligte; ‘n wenas; en lugdrade vir ‘n tweerigting radio. En as jy wil fotos neem kan jy ook sommer ‘n Hero aksie kamera daar monteer om fotos of videos van jou avontuur vas te lê.


Agterkant
Daar is min van ons wat veldvoertuie of selfs gewone bakkies ry wat nog nie deurgeloop het onder spaarwiel diewe nie. Wel ek het drie maal my spaarwiel op daai manier verloor.
My oplossing was ‘n bos buffer agter met monterings vir spaarwiele. Hier is die spaarwiel oop en bloot. Jy kan hom hier met ‘anti-theft” wielmoere en ‘n behoorlike slot beveilig. Sou iemand hier peuter moet hy noodgedwonge regop staan en kan duidelik bespeur word.
‘n Spaarwiel wat onder jou voertuig is as jy in sand of modder vasgeval het en die spaarwiel nodig het sal jou baie frustreer. So 'n agter buffer is dus baie funksioneel. Jy kan ook daar brandstof of waterkanne pas en dit is maklik bereikbaar.

Herwinning
Beide die bognoemde buffers bied addisionele en funksionele hegplekke in geval jou voertuig herwin moet word of indien jy jou mede veldry entoesias te hulp wil snel as hy in die moeilikheid is.

Boendoetrekker Groete
Isak




AS DIE NATUUR ROEP

Na die renoster saga van vroeër, is aandete voorberei en die familie het gesmul, opgewas, gestort en bed toe gemik. Ramón na die reuse...